Lynette's Blog

Post

Dankie vir ons saamwees!

newsletter Jul 02, 2026

’n Winterwarm HALLO aan al my lede


Hoeveel warm waardering is daar vandag in jou hart vir al die vaders wat ons in
Junie gevier het? Terwyl die wêreld steeds propvol wanorde en aggressie is, voel so
’n vraag dalk ongemaklik.


Dis dan wat ’n mens jouself en die mense rondom jou met genade moet hanteer en
met jou verstand moet fokus op al die konneksies en verhoudings wat jy kán
waardeer. As so ’n gevoel nie vanself in jou hart opspring nie, kan doelbewuste
woorde van waardering wat jy skryf of praat vanuit jou denke in jou hart kom
nesmaak.


Het jy dit al probeer? Ja, emosies is vinniger as rasionele gedagtes, maar ons kan
regtig deur ons fokus op gesonde verhoudings te plaas, ons families, vriendekringe,
gemeentes, werksplekke, skole en gemeenskappe bakens van Lig maak.


Nou kyk, ’n paar mense wat lig in my lewe inskyn en vir wie ek groot waardering het,
is my borge. My blydskap en dankbaarheid oor hulle sal ek nooit in genoeg woorde
kan omskakel nie, maar ek gaan tog probeer.


Jy sien, hierdie vennote van my maak nie net my lewe mooier, makliker, beter en
lekkerder nie, maar ook joune! Soos jy weet, is dit my passie om verhoudings te
bou, mense se lewens te verryk, en jou te help om die beste weergawe van jouself
te wees.


Om hierdie droom volhoubaar te maak, werk ek soms saam met spesiale borge wat
dieselfde waardes as ons uitleef. Hier is ’n bietjie agtergrond oor hoe hierdie
vennootskappe my persoonlik raak en hoekom dit tot jou voordeel is:

  • Borge laat my toe om ’n verskil te maak (veral buite die kollig)
    Baie van julle weet dat ek ’n groot liefde vir gemeenskapsdiens het. Die
    ondersteuning wat ek van ons borge ontvang, stel my in staat om nie net
    eksklusief op my platform te fokus nie. Dit maak my hande los om ook my
    gemeenskapsprojekte te dryf. Wanneer jy ook boonop ’n borg se produk
    ondersteun, help jy my indirek om hoop te bring waar dit die nodigste is.
  • Hulle help om die platform eksklusief én bekostigbaar te hou
    Agter die skerms kos die aanbied van topgehalte kursusse, blogs, potgooie
    en geestelike inspirasie baie tyd en tegnologiese belegging. Deur met
    betroubare borge hande te vat, verseker ons dat hierdie aanlyn gemeenskap
    finansieel stabiel bly, sodat ons jou teen die laagste moontlike maandelikse
    fooi kan bedien.
  • ’n Kykie in my persoonlike lewe ...
    Ek kies net borge wie se produkte ek self gebruik en vertrou! Ek sal by
    geleentheid met jou deel waarom sekere produkte my help om my besige
    dae as verhoudingskenner, skrywer, spreker, prediker en mentor met ’n
    glimlag deur te bring.


Jy gaan sien dis produkte wat my eie lewe vergemaklik en my help om gesond en
energiek te bly. Daarom kon ek en my medewerkers in Juniemaand ’n hele paar
hoogtepunte saam met hulle en ons ander kliënte beleef:


Ek was by The B4i Project/Academy waar ek by hulle “Emotional wellness”-dag
opgetree het. Dis altyd vir my so lekker om by hulle te wees, want ons deel soveel
waardes en positiewe perspektiewe. Hulle is ’n besigheidskonsultasie- en dienste-
onderneming wat in 1982 gestig is. Hulle fokus op innovasie, vaardigheid- en
ondernemingsontwikkeling, entrepreneurskap en volhoubare
bemagtigingsinisiatiewe.


En op dieselfde opbouende wyse was ek wéér by Bloudruk Media waar ek
opleiding saam met die bemarkingspan van GROOTfm 90.5 gedoen het. Ek lag
altyd so ’n klein bietjie in my mou oor hulle mooi naam, want ek is so gewoond om
outomaties aan die Geel temperament te dink as ek met die advertensiebedryf besig
is ...


Ons groot Gholfdag by Blair Atholl Golf & Equestrian Estate was toe ’n klinkende
sukses! Ek hang by wyse van spreke ’n goue medalje om Savahna Crause, ons
Handelsmerk- en Bemarkingsambassadeur, vir haar en haar medewerkers se
stylvolle fondsinsameling wat dit vir Seedlings moontlik maak om mense te bedien.


By Laerskool Villieria glo hulle dat elke kind sy/haar volle potensiaal kan ontwikkel
met kwaliteit onderrig en opvoeding. Hiervoor span hulle ook die grootouers in en
reël jaarliks ’n Oupa- en Oumadag saam met die Gr. R-maats. Daar was hierdie jaar
so baie besoekers dat ons twéé sessies moes doen! Waarlik kosbare mense met
superkragte.


My eie kragte het ek hierdie maand gevoed deur twee keer by ons Bossa vroue-
geleenthede te gepraat en gebid het. Dit is altyd goeie versorging vir die gees!


Vir my fisieke versorging, was ek by Jeanne-Mari en Elsje van Purified Beauty and
Aesthetics. Hulle gebruik in hul heerlike salon in Moreletapark die Willa Krause-
velsorgreeks (een van my borge!). Hulle tower lieflike resultate op en laat my
minstens ’n dekade jonger voel en lyk. Hulle pedikuur laat my sommer hoër as
gewoonlik spring!


En as ek so spring, sorg my grimeringborg, Phoera Cosmetics, dat ek altyd eksie-
perfeksie lyk en met selfvertroue kan optree. Hulle kwaliteitprodukte sit kleur in my
dae!


My kleurvolle klereborg, Rosella, sorg dat ek so mooi geklee is dat jy my deur ’n
ring kan trek (soos die spreekwoord sê). By hulle het ek nie net ingedraf om klere opte laai nie, maar ook twee opleidingsessies met hulle franchisehouers en personeel
gedoen.


Met ’n paar tasse vol met Rosella se klere het ek toe na Namibië gereis. Hier het ek
my besoek feestelik afgeskop met die 50-jarige viering van Bonsmara Namibia. Ek
was MC by hul luisterryke gala-aand en het ook ’n werkswinkel met die bestuurslede
behartig.


Toe druk Hardus ons bakkie se neus oos van Windhoek ... As jy ooit ’n bakkie met
b.wellness se logo op sien, kan jy weet dis ekke. Hulle sorg dat ek in al die mooi
klere pas en vandat ek hulle aanvullings stiptelik sluk (’n uitdaging vir Geel mense
soos ek), voel ek meer konstant energiek (’n vreugde vir ons Geles).


Die Rooi deel van my temperamentkombinasie is ook baie tevrede met die
effektiwiteit van die vyf produkte wat ek gebruik om my eie produktiwiteit in stand te
hou:


1. Hormone Balance
2. InsuBalance + Energy
3. GutRestore + DailyDebloat
4. DailyDetox Essentials
5. Pure Seaweed


Sien jy hoe dikwels word daar na “balans” in die aanvullings se name verwys? Ek
vermoed die spatsel Blou in my samestelling het ’n klein bietjie verhoog met al die
blansering ... Ek is beslis ook meer geduldig en dus ’n bietjie meer Groen.

 

Die gawe mense van b.wellness wil jou ook bederf en jy kan 20% korting kry as
jy iets by hulle aanskaf. Dis so maklik soos 1, 2, 3 ...
1. Kliek op hierdie skakel:
https://bwellness.co.za/?utm_source=gmb&utm_medium=local_bwellness
2. Kies die aanvulling wat vir jou gaan werk
3. Gebruik die spesiale afslagkode: Lynette20
 

Terug na hoekom ons ooswaarts vanaf Windhoek gereis het: By Gobabis
Gymnasium Private School het ek personeelontwikkeling gedoen. Kyk, dis nou ’n
skool wat opvoeding ernstig opneem en ek het my tyd saam met hierdie fantastiese
mense baie geniet.


Janke Botha van Leer in KLEUR het intussen twee sessies oor studievaardigheid vir
die leerders aangebied en dit het ook besonder suksesvol afgeloop. Dit was nou
nadat sy by Sunward Christian Academy in Boksburg werkswinkels aangebied het.
Ons is “jet setters”!


Ek het by Ds. Chris Botha en sy vrou Salomé van die Gereformeerde Kerk Gobabis
gebly om darem ook bietjie te rus. Vir hulle gasvryheid sê ek DANKIE. Dit was ’n spesiale kuier waar ek boonop meer oor emosionele intelligensie in gesinne geleer
het.


Jy sien, my emosies het hoog geloop, want ek het die besonderse voorreg gehad
om ’n kindjie aan die Here toe te wy. Haar ouers, DR en Loritzma van Zyl, het vier
jaar op my gewag, sodat ek die diens by ’n lodge daar in Gobabis kon waarneem.
Sjoe, wat ’n belewenis! ’n Groot dag. ’n Mooi dag!


Nog ’n mooier as mooi dag daar in Namibië het in Windhoek plaasgevind met die
bekendstelling van Nita Coetzee en haar vier fasiliteerders se EQ4Kids franchise.
Daar was meer as 300 mense! Dit was ons grootste, beste-este “launch” ooit!


Hierná het ek teruggevlieg tussen my Namibiese afsprake ’n werksessie met ’n
familieboer en sy gesin te doen. En daar het jy dit: Dit was my Juniemaand.


Dankie Here vir al U ondersteuning. Dankie vir alle mense wat my ondersteun.


Dankie dat jy as lid my dra. Saam met my borge – veral as jy op jou beurt húlle
ondersteun – help jy my om hierdie platform te laat groei. Jy maak dit vir my moontlik
om met my Vierkleurtemperamentmodel mense se lewens te verander.


Liefde en waardering,
Lynette

BECOME A PREMIUM MEMBER 

Our premium membership includes all of Lynette's latest content. 

Let's do it!